Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 23 JUNIE 2019

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur Johan, ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste. ‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

In die nuus vandag:

NUWE AFSTANDSREKORD VIA AO-91

LOGBOEK WERKSWINKEL SATERDAG 29 JUNIE

en

VOLGENDE SONVLEK-SIKLUS KAN 50% LAER WEES

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

NUWE AFSTANDSREKORD VIA AO-91

Paul, ZS6NK, die BHF/UHF en Mikrogolwe Rekord Bestuurder het SARL Nuus ingelig dat 'n nuwe afstandsrekord via die AO-91-satelliet opgestel is. Op Vrydag 21 Junie om 12:07 UTC het Andre, ZS2BK in ruit KF26SB 'n FM QSO met Richard, 9G5AR in ruit IJ95VN gemaak en die afstand is 5 243,9 km. Baie geluk aan André en Richard!

HISTORIESE TRANS-ATLANTIESE KONTAK GEMAAK OP 144 MHZ

'n Historiese kontak is op Sondag 16 Junie 2019 gemaak toe die Atlantiese Oseaan vir die eerste keer op 144 MHz oorsteek is. Die Monteverde-Kompetisiespan Klub, D41CV op die Kaap Verde-eilande aan die kus van Afrika, het daarin geslaag om Burt - Bertrand Demarcq, FG8OJ in Guadeloupe op 144,174 MHz te werk met die FT8 digitale modus. Die afstand was 'n ongelooflike 3 867 km. Om dit in konteks te plaas, is die afstand van die weskus van Ierland tot Newfoundland 3 000 km. Tropo-voorspellings kaarte wys 'n pad regoor die Atlantiese Oseaan en stel voor dat selfs meer ongelooflike kontakte moontlik kan wees.

LOGBOEK WERKSWINKEL SATERDAG 29 JUNIE

Die Sandton ARK sal weer op Saterdag 29 Junie vanaf 09:00 tot 12:00 by die Nasionale Amateurradiosentrum 'n logboek werkswinkel vir al die newbies of enige belanghebbende radio amateur aanbied. Dit is oop vir alle radio amateurs en alle klubs. RSVP asseblief na zr6dx@iafrica.com. Ons sal die volgende onderwerpe dek: Rede vir logboeke; Regsvereistes vir die log van HF kontakte; Papier logstate; Elektroniese logboek sagteware; Aanlyn logboeke/databasisse; Aanlyn Elektroniese QSL-kaart sentrums; LoTW en DXCC; SARL QSL-stelsel; Rekenaar- en Radio-koppelvlakke en nuttige gereedskap.

DIE SARL 2019/2020 FINANSIËLE JAAR BEGIN OP 1 JULIE

Die SARL het Lidmaatskapfakture uitgestuur vir die nuwe SARL-finansiële jaar wat op Maandag 1 Julie 2019 begin. As jy nog nie lid van die SARL is nie, is dit nou tyd om aan te sluit. Besoek www.sarl.org.za/public/membership/join.asp en voltooi die aanlyn aansoekvorm.

Jy luister na ʼn nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga

VOLGENDE SONVLEK-SIKLUS KAN 50% LAER WEES

NASA rapporteer dat navorsing wat tans aan die gang is, kan 'n betroubare nuwe metode vind om hierdie sonaktiwiteit te voorspel. Die son se aktiwiteit styg en val in 'n 11-jaar siklus. Die voorspelling vir die volgende son siklus sê dit sal die swakste van die afgelope 200 jaar wees. Die maksimum van hierdie volgende siklus, gemeet in terme van sonvlek nommer, 'n standaard mate van sonaktiwiteitsvlak, kan 30 tot 50% laer wees as die mees onlangse een. Die resultate toon dat die volgende siklus in 2020 sal begin en die maksimum in 2025 bereik.

Die nuwe navorsing is gelei deur Irina Kitiashvili, 'n navorser van die Bay Area Omgewings Navorsingsinstituut te NASA se Ames-navorsingsentrum in Kalifornië se Silikonvallei. Dit is gekombineer met waarnemings van twee NASA ruimte missies, Son- en Heliosferiese sterrewag en die Son Dinamika sterrewag met data versamel sedert 1976 vanaf die grondgebaseerde Nasionale Sonstelsel sterrewag.

Kitiashvili se metode verskil van ander voorspellings gereedskap in terme van die rou materiaal vir die voorspelling. Voorheen het navorsers die aantal sonvlekke gebruik om indirek die aktiwiteit van die son se magnetiese veld te verteenwoordig. Die nuwe benadering maak gebruik van direkte waarnemings van magnetiese velde wat op die oppervlak van die son opkom, data wat net bestaan het vir die laaste vier son siklusse.

KOMPETISIES IN JULIE

Julie is 'n besige maand met sewe kompetisies. Die maand begin op Saterdag 6 Julie met die SARL Newbie QSO Geselligheid en op Sondag 7 Julie, die ZS5 Naelloop. Op Saterdag 13 Julie kan jy deelneem aan die RaDAR Uitdaging en die IARU HF Kampioenskappe vind op Saterdag 13 en Sondag 14 Julie plaas. Die Winter QRP kompetisie is op Saterdag 20 Julie en die ZS2 Naelloop op Sondag 21 Julie. Die maand eindig met die RSGB-eilande op die lug kompetisie op Saterdag 27 en Sondag 28 Julie.

Die doel van die IARU HF Kampioenskappe is om soveel ander amateurs, veral die IARU-lidlande-HK stasies, oor die hele wêreld op die 160, 80, 40, 20, 15 en 10 meter-bande te kontak. Die kompetisie duur vanaf 12:00 UTC op Saterdag 13 Julie en eindig om 11:59 UTC op Sondag 14 Julie 2019 met gelykgolf en foon aktiwiteit. Die SARL HK-stasie, ZS9HQ, soek amateurs om 'n span te maak om deel te neem.

OOS RAND TAK WINTER SNUFFELMARK

Die Oos-Rand Radioklub sal sy winter snuffelmark vanaf 12:00 op Saterdag 29 Junie 2019 by Ebenezerweg, Arrowe Park, Benoni. Kontak Judy, ZS6JDY op selfoon 079 730 2030 om 'n tafel teen R20 per tafel te bespreek. Bring al jou ongebruikte toerusting dinge en verander dit in kontant. Kom geniet die beste boereworsrolletjies ooit met 'n lekker koue of warm drankie. Hoop om jou daar te sien.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan bly. Tans is daar al vir meer as 32 dae aaneen geen sonvlekke sigbaar nie. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Amateurs kan bruikbare DX openinge op die 18 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou die Dagboek van Gebeure vir die volgende paar weke:

Vandag - die ARRL Velddag
24 Junie - die laaste dag van die SARL Top Band QSO Geselligheid
29 Junie - die Logboek Werkswinkel by die NARS en die Oos-Randse Winter Snuffelmark
1 Julie - die aanvang van SARL finansiële jaar en lidmaatskap betalings is verskuldig; die sluitingsdatum vir SARL Top Band QSO Geselligheid Logstate
06 Julie - die SARL Newbie QSO Geselligheid
07 Julie - die ZS5 Naelloop
13 Julie - die Radar Uitdaging en die registrasie vir die Oktober RAE open.
13 en 14 Julie - die IARU HF Kampioenskappe

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Paul, ZS6NK, die BHF/UHF en Mikrogolwe Rekord Bestuurder het SARL Nuus ingelig dat 'n nuwe afstandsrekord via die AO-91-satelliet opgestel is. Op Vrydag 21 Junie om 12:07 UTC het Andre, ZS2BK in ruit KF26SB 'n FM QSO met Richard, 9G5AR in ruit IJ95VN gemaak en die afstand is 5 243,9 km. Baie geluk aan André en Richard!

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7,082 kHz laer syband en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Heruitsending vind op Maandae aande om 19:30 Sentraal Afrika Tyd op 3,620 kHz plaas. Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Andy Cairns, ZS6ADY, geredigeer deur Vivian Dold, ZS6VD en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003